Uit my (“Boeremag”) – dagboek

Mei 2, 2008

15 Januarie 2008

Filed under: 2008 — ankoren @ 6:47 nm

Uit my “(Boeremag)” – dagboek

15 Januarie 2008

 

 

Jaques is ons baba in die Boeremag,” stel ek hom altyd graag voor, die kind wat tog so maklik bloos. (Lyk darem of hy met die tyd saam aan my geterg gewoond geraak het).  Hy en Rudi is die jongste twee en die 15de is Jaques se verjaardag:

 

In die artikel “Who’s who in the right-wing Boeremag” word Jaques Jordaan as volg beskrywe (soos Machiel is hy by die “foot soldiers” ingedeel):

 

Theunis Jacobus Jordaan(22), Pretoria           

Also known as Jaques, he is the youngest of the accused. He allegedly became involved a few days before his arrest. He allegedly helped with the manufacturing of explosives. 

ACCUSED NUMBER 22:  Theunis (Jaques) Jacobus Jordaan

FROM:  Pretoria

ARRESTED: December 11, 2002. On bail R10 000.

ALLEGATIONS ON CHARGE SHEET: Helped make explosives.             

 

Rudi Gouws (25), Bela Bela

A corporal in the Warmbaths Commando and allegedly also helped with “Operation Popeye.”  Apparently Gouws was Van Rooyen’s right-hand man. He allegedly collected weapons and ammunitions and helped with the manufacturing of petrol bombs.

ACCUSED NUMBER 21

FROM:  Bela Bela

ARRESTED: December 11, 2002.

Rudi is saam met Herman van Rooyen, Mike en Andre du Toit, Koos du Plessis en Adriaan van Wyk ingedeel in “The inner circle” volgens die koerantberigte van Mei 2003.                  

 

Jaques was net ‘n paar maande in die tronk, maar ek kan hom so goed onthou waar hy in die gang gestaan het, ek het hom elke keer opgesoek as ek kon. “Jaques, sal jy sterk staan? Dis nie die moeite werd om ‘n 204 getuie te word nie, veral nie vir jou nie. Belowe my hulle sal jou nie gebreek kry om dit te doen nie. Daai is een ding wat as jy dit doen dit jou altyd gebreek sal los.  As jy hier jou straf uitgedien het, is jy vry, as jy ‘n 204 word sal jy nooit weer vry wees nie“ Hy het maar net elke keer geduldig na my relaas geluister. Dit was alles goed wat hy wel geweet het. Ek hoef dit nie vir hom te vertel het nie. Elke keer het hy met sy kenmerkende skaam glimlag en kopknik my verseker: “Nooit nie, tannie.”  Hoeveel keer het ek nie aan hom gedink terwyl ek vir ander grootmense moes verduidelik hoekom my man nie ook ‘n 204-getuie geword het nie, hoekom kon ek dit nie aan hulle verstand bring nie? En hierdie jongman het so goed geweet waarvan ek praat, dat ek eintlik my asem op hom gemors het..

 

Op die 22ste April 2003 het hy borg gekry. Al berigte daaroor wat ek kon opspoor is die een wat hy vir my op sy selfoon van die internet af wys:  “Dispatch online – the Eastern Cape’s top selling daily newspaper :-

Boeremag suspect gets bail

PRETORIA – An alleged member of the Boeremag was granted R10000 bail in the high court here yesterday.

Theunis Jacobus Jordaan, 22, appealed against a decision by the Pretoria Regional Court to refuse an earlier bail application brought by him.

He will remain under house arrest between 8pm and 5am, and must report to the Sinoville police station daily.

Jordaan and 22 other alleged Boeremag members will go on trial next month on charges including treason, terrorism, sabotage and contravening acts relating to explosives, firearms and ammunition. — Sapa

http://www.dispatch.co.za/2003/04/23/

Nadat die hofsaak nou weer begin het, vra ek hom eendag of studeer hy nog. “Ja tannie, ek is met A+ besig. Om rekenaars heel te maak en so aan” “So jy gaan jou eie besigheid begin, of het jy al” “Nee tannie, ek wil nog eers bietjie vêrder studeer.” “Toemaar, die saak gaan nog lank aanhou, jy sal nog vêr geleer kry.” “Ek hoop nie die saak hou nog te lank aan nie, Tannie, die mense is moeg,” antwoord hy stil. “Nee my kind, jy stel dit nou heeltemal te oordentlik – ons is gatvol!” – ek het sommer die dag met die verkeerde voet uit die bed uit opgestaan. “Ja Tannie,” kom dit so geamuseerd van hom af: “ons is eintlik gatvol.” Hy lag sy skaam laggie en vir ‘n verandering is dit ek wat effens bloos…     

 

Blog at WordPress.com.