Uit my (“Boeremag”) – dagboek

September 24, 2008

My eerste briefie aan Platkuif

Filed under: Vir Platkuif van Bosparra — ankoren @ 7:28 nm

5 Mei 2008

 Platkuif, dagsê

 

Na ek jou versoek aan my om oor die ‘Boeremag’ te skrywe, het ek nogal gedink:- Platkuif kan mos maar dink wat hy wil. Ek stel nie belang om hom nog van die ‘Boeremag’ te vertel nie. Wat anders vertel mens in elk geval van so ‘n flop-storie soos dié en hoe verduidelik mens dat dinge sò ingewikkeld kan wees, dat mense dit in elk geval nie glo nie…”

 

Maar toe onthou dat ek en my Boeremag-vriendin eendag, nie so lank gelede, op die sypaadjie gestaan het om vir ons mans te waai… Dit het so half ‘n gewoonte geword, om elke keer as ons kan, dit te doen. Wanneer die hof vir die dag verdaag word die gevangenes weer geboei in die selle onder die hof. (Die boeie word elke keer aangesit wanneer hulle vervoer word, maar verwyder sodra hulle weer in die tronk of in die hof is. Net Herman en Rudi se voetboeie bly in die hof die heeltyd aan, aangesien hul eens ontsnap het). Hulle word dan almal in die ‘beestrok /pampoenwa wat nou nie meer geel is nie’ (vangwa) gelaai, wat hulle dan met luide sirene begeleiding van die Njalas en ander voertuie tronk toe gevat. Deesdae is die vertoon darem ‘n fraksie van wat dit in die begin was. Al is daar is nog steeds 20 of meer swaargewapende Taakmag-lede om hulle te vergesel, word baie kalmer gedoen. In die begin dae was dit ‘n sirkus, met soveel vertoon en so luid as moontlik. Hul is met so ‘n spoed vervoer, dat die bande met die wegtrek slag op die teer geskree het… tot ‘n polisieman eendag amper die vangwa omgegooi het. Dit het in die hof gaan draai, met dié dat van die geboeide ouens binne-in seergekry het en die Regter het mooi gevra vir beter samewerking. Die laaste jare gaan dit beter) …Ons staan dan gewoonlik op die sypaadjie en waai vir hulle, wanneer die wa onder die hof uitgery kom en in die straat afdraai.

 

So staan ons dié dag en waai tot die konvooi voertuie om die hoek verdwyn. “Hier staan ek en jy, Poppie. Ons waai vir ons mans en daar gaan hulle. Weg van ons af. Is dit nie absurd nie?” vra sy vir my.  Ek wou, soos altyd, vir haar sê: “Toemaar, eendag sal dit anders wees en dan sal ons lag oor al die absurditeite van nou,” maar toe ek opkyk sien ek haar oë vol trane.  En net daar slaat die ding my mos onderstebo en begin ek soos ‘n graadeentjie tjank. Onwillekeurig maak ek die situasie toe nog meer absurd, want daar staan ek en sy toe kliphard en grens, op die sypaadjie soos twee graadeentjies op hul eerste skooldag.  Al verskil is net, ons is al heelwat ouer en dis vergeet-se-tyd nie meer ons eerste dag by hierdie skool, genaamd die ‘Boeremag’ nie. Al is ek reeds ses lange jare hier, en sy bietjie minder, sommige dae verloor nooit daardie gevoel van die-eerste-dag-skool-toe nie. Die onbekende in. Gedwing in ‘n ding waarvoor jy-voel-jy-is-nie-reg-nie. Vasgevang in ‘n moet-maar-net.  Iewers in jou agterkop iets wat knaag: ek-wil-nie-hier-wees-nie. Tog is jy dag vir dag getrou aan die leer. Self al sou mens, soos sommige van ons vriendinne, besluit om die skool te verlaat, deur jou man te skei, is ek oortuig daarvan dat mens hierdie skool in jou wese met jou saam dra. Of jy nou een maand, ses jaar of langer hier was, jy bly ‘n graadeentjie in die skool en jy dra die res van jou lewe die skool se naam. Tog is dit die beste leerskool van die lewe wat ‘n mens seker kan kry. Al het ek self ‘n paar toetse liederlik gedop, moet ek eerlik wees oor wat ek geleer het. Van tronk en verraad, politiek of te wel geskiedenis in wording, die dodelike magspel daaromtrent, maar ook die noodsaak daarvan, informante en intelligensie operasies, menseverhoudings en psigologie, liefde, trouheid en geloof, vasbyt, moed, en durf -  ja, maar veral ook die meeste oor myself.

 

My Ma het ‘n gesegde van “dis ‘n matriek wat ek lankal geslaag het.”  Verwysende na moeilike dinge wat sy reeds geleer hanteer het.  Miskien is dit ook die enigste positiewe ding wat daaruit mag voortvloei, dat sommiges van ons ‘n sekere matriek moes skrywe, terwille van onsself. Party dinge is lekker en interessant om te leer. Ander jy kry nie ‘gekop’ nie, dit maak doodeenvoudig nie sin nie. ‘n Aantal is doodgewoon pynlik, in die ergste graad. ‘n Mens gaan nie skool toe omdat jy op ‘n dag ‘n bevlieging gekry het nie, jy gaan sodat jy toegerus kan word vir die lewe.  Dit geld vir almal van ons. Ek weet, ek is nie alleen nie. Hierdie skool het my geleer om dit in mense om my, in skole van hul eie, se lewens ook raak te sien. In die ‘Boeremag’-skool, waar ek beland het, is dit egter net so bietjie meer ontbloot. In plaas van ‘n jaarblad te haal, beland ons soms op die TV of die voorblad van die koerant of in ‘n bespreking op die internet… (Miskien, is dit die beste ding wat nog in ons volk se geskiedenis gebeur het… maar, dit sal net tyd ons leer).

 

“Life is not a private affair.

A story and its lessons are only made useful if shared”

Dié woorde van Dan Millman is my inspirasie om aan te hou vertel van die skool waar ek beland het.   

Net sodra ek weer ‘n kansie het, vertel jou meer.

 

Groetnis

Ankoren

 

 

Ns.

Ai tog, hoekom sit jy daardie foto van die Boereoorlog by jou pos oor my “(Boeremag)”-dagboek? Ek hoop nie dis die enigste ding waarmee jy my wil assosieer nie! Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het ‘n rak vol boeke oor die Boereoorlog, en ek lees en gesels graag daaroor en wil graag nog meer daaroor weet. Maar, dis ‘n oorlog wat in my Oupagrootjie se tyd verloor is. Dit het nie direk met my of die ‘Boeremag’ baie te doen nie. Oeps, maar nou het ek te gou gepraat, want ek sal seker vir jou iets in ruil moet stuur.  Ek weet nie wat nie.  Miskien, is dit wat ek sou verkies het, iets wat in die toekoms lê…daarom sal ek maar volstaan (vir eers) met dié een. Ek sit heel agter saam met ‘n Boeremag-vriendin en voor is die jongstes van die kinders van die manne in die tronk.  Die foto is geneem deur die Pretoria News, na ons einde-van-die-jaar-partytjie, Desember 2006.

 

Want, meer as in die geskiedenis, glo ek in die toekoms!

 

 

September 17, 2008

25 Februarie 2008

Filed under: 2008 — ankoren @ 7:32 nm

Tyd vir nabetragting oor Majuba!

Uit die GHA se nuusbriefie: Die Genootskapper.

Die GHA kan gekontak word by vonkposadres: gha@lantic.net

Hul webblad: www.afrikaans.org.za

September 14, 2008

22 Februarie 2008

Filed under: Uncategorized — ankoren @ 8:15 nm

Esther, Mike du Toit (beskuldigde nr 1 in die “Boeremag”-saak) se vrou, het baie opgewonde geskakel om te vertel dat sy boek gepubliseer is:

Resensie van Mike du Toit se boek“>

14 Februarie 2008

Filed under: 2008 — ankoren @ 7:59 nm

aan my man in c-maks“>

31 Januarie 2008

Filed under: 2008 — ankoren @ 7:50 nm

Kobus Pretorius se borg aansoek is geweier deur Regter Khami Makhafola. Die borg aansoek het reeds laasweek plaasgevind en Minnie Pretorius het o.a. vir haar seun daarin getuig. Kobus het aangevoer dat hy ‘n geestelike ervaring in die tronk gehad het en hy graag die gemeenskap wil dien en ook tot die ekonomie wil bydra.
“Makhafola said there was no evidence that Pretorius would not continue with his plans to overthrow the government, whose legitimacy he and other accused had challenged.”
The Times. 30 January 2008.

31 Januarie is ook die verjaarsdag van klein Tommie, hy was maar 15 maande oud toe sy Pa gearresteer is. Uit ‘n onlangse briefie van sy Ouma vertel ek graag die volgende van hom en sy sussie:

“Hierdie tweetjies Tommie en Riandri du Toit het letterlik onder ons velle ingekruip. Ons moes Pa en Ma wees(na hul Ma gaan werk het) en dan nog speelmaats en ons moet Oupa en Ouma bly. Ons glo ons sal nog die vrugte pluk van hierdie twee woelwaters. Hulle was nog net ‘n plesier in ons twee oumense se lewens.

Tommie is baie trots op sy pa en mis hom baie. Hy lewe vir die dag wat pappa André huistoe kom. Soos hy sê “dan gaan hulle boer”.

Hulle sê-goed het my al baie laat lag. Eendag speel die twee(hy en sy sussie, Riandri) en iets loop verkeerd. Die twee was in ‘n hewige twis. Die een beskuldig die ander, hulle wil net handgemeen raak, toe ek daar aankom. Ek sien hoe Tommie met sy voet op die grond stamp, handjies op die heupe en snou haar toe: “Jou Boeremag” Riandri huil toe en sê: “Ouma, Tommie voer my” bedoelende vloek, sy was maar net 3jaar oud.”

Uit ‘n briefie ook van haar verlede jaar: “Tommie mis sy pa baie en bewonder hom. Hy vra altyd vir hom: “wanneer kom Pappa vir ons kuier?””…nou eendag sê hy vir hom hy moet kom dat hulle die ou Volkswagen kan regmaak dan het hulle dlie(drie) karre.”

Die tweetjies het ook verlede jaar saam met my geboemel by die hof en mens kon hulle opvreet met hulle gelapte overalls en bondels oor die skouers.

19 Januarie 2008

Filed under: 2008 — ankoren @ 3:30 nm

Hierdie jaar se pas het skielik in ’n mallemeule tempo ontaard. Vandag is eintlik die verjaarsdag van oom Vis se oudste seun, ek weet nie hoekom ek so deurmekaar was dat ek gedink het hy verjaar die dag na sy boetie nie.  

 

 

Daar was ook nog die week die drama met die springtoue en ek was nogal so stupid om vir Koos ‘n dure leer tou te gaan koop. Hulle het nogal maklik verbasend maklik toestemming gekry vir die touspringery, maar pas nadat ek Koos se tou ingevat het C-maks moes hy dit weer prysgee. Dit blyk toe ook net ’n ”dangerous weapon” te wees. Na ‘n gemooipratery het die gevangenisowerheid darem toestemming gegee dat ek die tou terug mag kry. Nou sal ek seker maar self moet begin spring… kan my in elk geval net goed doen!

 

Koos vertel my dat hy hulle mooi die waarheid vertel het, maar daar was ook ‘n paar ander onderonsies tussen DKD en die beskuldigdes…Op die blad southafricasucks(wat intussen nie meer beskikbaar is nie) het daar die volgende verskyn:

 

Just keep in mind that these men have never been found guilty and convicted on any charges, however, they are incarcerated in C-Max, being abused, neglected and victimized at the whim of the state under disgusting conditions in this filthy boon run dark  hole. All the Boeremag members have been assaulted and terrorized and neglected by the ‘authorities’, one member contracted some filthy virus in jail and actually died form it, and all this while ‘awaiting trial which has been allowed to drag on for over 4 years now! All incarcerated members are family men and bread winners. I leave it up to the readers to make their own conclusions as to how this has affected not just the Boeremag chaps, but their families as well. Mr. Pretorius obtained permission more than four years ago to possess and utilize the skipping rope when he was held in the “local” jail, and a court order confirmed that all rights awarded to him and other accused in “local” would still be applicable in C-max (where they are currently being detained).

 The wardens who confiscated the rope from him were aware of the court order that protects him. Five warders participated in the incident, which was witnessed by the other “Boeremag” accused, and the incident was apparently recorded on video.

 

When Mr. Pretorius wanted to file complaints against the wardens, the SAPD officer who was supposed to take the statement, Inspector Baloyi, refused to take down the statement in Afrikaans, and also refused to do any further investigation.

 

Complaints against the wardens include assault, malicious damage to property, armed robbery, and contempt of court. This very clearly constitutes discrimination against members of the Boer nation by both the Department of Correction Services and the South African Police Service.

 

The BRC is currently obtaining legal advice in order to follow up the matter with the Police Service and the Department of Correction Services, the Red Cross, as well as the Human Rights Commissions of both South Africa and the United Nations. Source URL: http://www.therightperspective.com/

The Right Perspective interviewed Wilhelm’s father, Dr. Lets Pretorius, the pod cast can be downloaded from the web link above and in our links.

 

Die BVR het ook ‘n verklaring uitgereik  – “Boeremag”-aangeklaagde deur bewaarders aangerand.

 

 So springtoue is nou ook op die lys van wat ek en my Ma eendag by die hof begin lys het as “dangerous weapons.” Die storie werk so: My sussie se oudste seuntjie was op die ouderdom van drie gefassineerd met my Ma se speldeblik. As enige iemand hom gewaarsku het dat dit eintlik nie speelgoed is nie, maar hom kan beseer, het hy die speld so tussen sy wysvinger en duim vasgedruk en met sy gesiggie op ‘n plooi vir jou vertel;  “careful, it’s very dangerous” met die klem op dangerous. Ons word toe eendag by die hof voorgekeer omdat ons, ons hekelwerk saamgevat het. Amper al ons vrouens het op daardie tydstip in die hof gesit en hekel of brei - dit maak darem die tyd in die hof en veral die wat ons sit en wag voor die hof, korter.  Ons het dit vir ‘n paar weke of maande gedoen voordat dit op ‘n dag te gevaarlik geraak het en moes ons die hekel- en breiwerk buite los. (Dit is seker te verstane, maar dit het ons nogal gefrustreer!) Buite hoor afstand van die polisieman wat baie ernstig vir ons beduie het dat dit totaal ontoelaatbaar is – het Ma-Rensie ewe sedig opgemerk “‘n Hekelpen is a very dangerous weapon, nè.” Later het ons almal serpe gehekel met sulke ekstra dik hekelpenne en so ‘n linterige breidraad. Op die pen wat Ma-Rensie vir my persent gegee het sy geskrywe: “Vir Anita – not dangerous! Harmless!” 

 

Op ‘n dag het ek ook nog my knipmes na ‘n naweekkamp, in my handsak vergeet – dis regtig ‘n ’dangerous weapon’! Gelukkig is daar kluise waar mens sulke goed kan toesluit voor jy die hof binne gaan.

 

Blog at WordPress.com.