Uit my (“Boeremag”) – dagboek

Maart 30, 2010

Blaaie wat uitgeval het… 5 Jan 2008

Filed under: 2008 — ankoren @ 9:56 vm

5 Januarie 2008

Vandag 5 Januarie is Giel Burger, beskuldigde nr. 7 in die Boeremag se verjaarsdag.

Rondom Maandag die 19de Mei 2003 (die dag waarop die saak begin het) was daar in ʼn Engelstalige koerant ʼn uiteensetting van die strukture van die “Boeremag”.  Bo-aan is die opskrifte “THE TOP COMMAND” “SENIOR OFFICERS” en “OFFICERS”. Ook “THE INNER CIRCLE”. Eerste sin onder laasgenoemde lees “these men formed the top structure of the Boeremag Ek lees en ek lees weer ʼn keer, maar ek sien geen Machiel Burger nie en dis al of die name te min is wat genoem word.

Nou hoe nou, wonder ek? Tot ek omblaai, – die berig was so geplaas dat dit te wyd vir ʼn A4-boek is en ek het die laaste kolom op die volgende blaai geplak:

THE FOOT SOLDIERS
ACCUSED NUMBER 7: Machiel Adriaan Burger (46)
FROM: Postmasburg
ARRESTED: August 12 2002, On bail of R10 000.
JOB: A colonel in the Defence Force.
ALLEGATIONS ON CHARGE SHEET: Was asked to prepare all the war vehicles and find keys to weapon stores”

Ek sal ʼn paar dinge van hom my lewe lank onthou.

“Die oom wat so lekker en snaaks lag, dat jy sommer lag omdat hy lag” het Cézanne hom geëien, toe ons wou weet of sy weet watter een van die ooms oom Giel is.

Hy het ook niks van die gedagte om oupa te word gehou nie, maar gloei deesdae van trots as mens na sy ses maande-oue kleindogter vra.

As ek hom bel op sy verjaardag gee hy altyd die telefoon vir Kobie, sy vrou ook aan, sodat sy ook kan groet. Meer as een maal het hy ook vir my die foto’tjie van haar as skooldogter wat hy in sy beursie dra, vir my gewys – sy skoolkys wat nou nog hou! Hy maak ook geen geheim daarvan dat die kilometers tussen hulle hom nie aanstaan nie.

Sy Ma het mos hoeka al daar in die begin jare vir my vertel dat “goeie soldate, goeie minnaars is,” Sy weet, want sy was met ʼn soldaat getroud – al was hy ʼn kapelaan – hy is ten eerste ʼn soldaat, het sy verduidelik. Haar seun is ook ʼn soldaat, het sy trots bygevoeg.

Op ʼn dag het ek en ʼn vriendin saam met van die borgouens gaan koffie drink, tydens ʼn hofverdaging. Die gesels gaan hoofsaaklik oor die eerste dae na hul arrestasie(min of meer vier jaar van te vore). Hy lag en hy vertel hoe opgewonde hulle hele gesin was omdat hy het net die vorige week toestemming gekry het vir ’n subsidie kar: “al wat die Staat my toe gegee het, was ’n gratis rit in ’n “police van” Pretoria toe, ’n paar weke gratis verblyf, en ’n verdere vier jaar in die stad waarvoor ekself moes opdok”.

Sy oë gaan sommer so toe van lekkerkry as hy voorts vertel dat nog nooit was iemand so bly om hom te sien, soos Jacques Olivier(beskuldigde nommer agt) wat, (en hy beduie met sy hande weerskante van sy gesig) deur die tralies geloer het, toe hy in die polisieselle ingestap het, nie. Die grootste glimlag wat hy ooit in sy lewe gesien, beduie hy.

Later daardie dag vertel ek dit oor die telefoon vir Emmaret, en sy vra dadelik of onthou ek dan nie die ander storie wat Deon van hulle verblyf in die polisieselle vertel het nie? [Ek haal haar aan soos sy dit op 13 Desember 2007 op die geselsforum, Boerevryheid vertel het.] “Dat daar ‘n ‘dame van die nag’ in gebring en toegesluit was in ‘n sel… en sy was gou bewus van die feit dat die klomp mans (ONS manne!) (o.a. Die miljoenêr boer, einste kolonel Giel, nog ʼn luitenant-kolonel en ʼn majoor) ook daar toe gesluit was…

Sy roep toe uit haar sel…. “Polisieman! Polisieman!? bring vir my ‘n sigaret! ”

“Polisieman??? …”  niemand antwoord, of bring vir haar ‘n sigaret nie en sy besluit om ‘n ander plan te maak!

Terroriste!!! Terroriste!! Roep vir my ‘n polisieman!!’ ”

Ook sal ek die een keer onthou wat ek hom verleë hartseer gesien het…

By die herdenking van die 11de dag van die 11maand, het Willem Ratte vertel dat nadat hy(wat Willem is) gearresteer was, hulle hom terug geneem het Lohatla toe onder streng polisiebegeleiding, vir uitkenning of so iets. Hy het gesê dat daar diè dag ook grootkoppe van die Weermag teenwoordig was.

Teen daardie tyd was hy al gewoond daaraan dat mense weg gekyk het as hulle hom gesien het, maar dat iemand van vêr oorkant op die paradegrond vir hom gewaai en geskree het:

“Hallo Willem, hoe gaan dit?”

Toe hy opkyk was dit Giel Burger.

…Willem Ratte het dit van pas gedink om dit te vertel op ʼn dag van trou…

4 Kommentaar »

  1. Sjoe – dis lekker om jou weer raak te lees.

    Hoe gaan dit met JOU en JULLE?

    Comment deur Skoor — April 1, 2010 @ 1:48 nm | Reply

  2. Gaan goed aan die kant! Oor drie dae is agt jaar verby en begin ons met die negende jaar – die laaste ene…

    Comment deur ankoren — April 1, 2010 @ 5:43 nm | Reply

  3. Ankoren – kan soveel verlore jare oot weer ingehaal word?
    Hoe seker is jy dat dit die laaste jaar gaan wees?

    Met my hele hart hoop ek dat dit die laaste jaar vir die manne in aanhouding sal wees!

    Comment deur Whitie — April 3, 2010 @ 8:56 vm | Reply

    • Die jare was darem nie heeltemal verlore nie – in ten deel! Hoewel dit soms uiters moeilik was, was dit die ondervinding die moeitewerd. Nee, dit is dalk nie die heel laaste jaar nie, maar van die laastes wel.

      Comment deur ankoren — April 19, 2010 @ 7:53 nm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Theme: Rubric. Blog at WordPress.com.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.