Uit my (“Boeremag”) – dagboek

April 19, 2010

Ons manne se staan – 9 April 2010

Filed under: 2010 — ankoren @ 8:48 nm

 

My kind”, het Tant Nonnie eendag (lank gelede—toe ek nog in die bondel gevry het) vir my gesê, “jy moet altyd eers mooi kyk hoe ’n man in sy sokkies staan, voor jy met hom deurmekaar raak.”

 Vrydag, 9 April 2010 op Ventersdorp, tydens Eugene Terre’Blanche se begrafnis, het die angsgedagte van wat op ons wag en of ons sal bly staan, my vir ʼn oomblik oorval.  Ek het Tant Nonnie se raad onthou en die skoene van die manne oral om my, deur my kameralens betrag…

                                                                     Gesoute velskoene soos die grysbaarde wat hul dra.

Modieuses – met naamplaatjies en al – vir die jeug wat graag wil spog.

Klimskoene, tekkies

— haastig sportief, avontuurlustig. Altyd reg vir aksie.

 

                           Blink gepoetsde skoene wat by hul kisklere pas— eerbiedig en gedienstig.

 

                     Skoolskoene wat as bestes dien.

 

Flukse skoene, met nerwe af getrap…

Plaasboerskoene wat stewig kan vastrap. 

Tant Nonnie ,

Dankie dat u my geleer het om mooi te kyk.

Vandag het ek weer moed geskep.

Ek het hoop vir my volk -

wat ook al op ons wag …

Ons manne staan sterk! ”

2 Kommentaar »

  1. Pragtige fotoverhaal!!!

    Comment deur jacob — April 20, 2010 @ 5:59 nm | Reply

  2. Dit is so dat ‘n paar skoene ‘n hele verhaal mag vertel. So het ek ‘n week gelede op ‘n trein na Perth een van ons verplaasde mense aan sy skoene geidentifiseer. Was reeds in Nieu Zeeland en nou in Australie om te kyk na ‘n ontvlugtingsoord. Die geweld en diefstal raak ondraaglik in die Nuwe RSA. Maar toe stop ons driehonderd kilometer van Perth af by ‘n padstalletjie tussen erens en nerens om groente en vrugte te koop. ‘n Uiters aanvallige meisie maak die pakkies op en ek lewer kommentaar op die “bielie van ‘n mielie”. Sy se toe, “Ja, dis ‘n bielie van ‘n mielie”. En daar praat sy ons taal so vlot as wat kan kom. Skoon weemoedig tref die verstrooiing van ons mense oor die hele aardbol my toe weer.

    Comment deur Jan Scheltema Smith — April 20, 2010 @ 7:17 nm | Reply


RSS skakeling vir menings op die blad. TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Theme: Rubric. Blog at WordPress.com.

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.